Krieket: Cummins sê Khawaja se skuurpapier-bewerings is uiterste onsin

Loading player...
Australië se toetskaptein, Pat Cummins, ontken sy gewese spanmaat Usman Khawaja se bewerings oor bal-peutery tydens hulle toer in Suid-Afrika in 2018. Khawaja skryf in sy outobiografie, Sabr, die hele span het geweet van die plan om die bal met skuurpapier te skuur tydens die derde toets in Kaapstad. Slegs kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is gestraf. Cummins het in Sydney 'n nuuskonferensie toegespreek:
13 Nov 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beskuldigdes in Marx-aanval bly agter tralies, AfriForum juig

AfriForum verwelkom die besluit van die vier beskuldigdes in die aanval op 'n boer van Noordwes, Donovan Marx, om hul borgtogaansoeke te laat vaar. Hulle word aangekla van poging tot moord, roof en vuurwapenverwante misdrywe. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel sodat die staat ballistiese verslae kan bekom. Marx…
13 Nov 10AM 1 min

Privaatsektor moet help met water-bewaring: Zaamwani

Die regering doen ’n beroep op die privaatsektor om groter verantwoordelikheid te aanvaar vir die bewaring van waterbronne, terwyl pogings verskerp word om watersekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder. Die oproep is deur landbouminister Inge Zaamwani gemaak tydens ’n besoek aan die Orano-ontsoutingsaanleg in Swakopmund, saam met…
13 Nov 10AM 1 min

Goewerneurs mag nie self hul staatsvoertuie bestuur: NNN

Die Presidensie het bevestig dat president Netumbo Nandi-Ndaitwah ’n opdrag uitgereik het wat streeksgoewerneurs verbied om self die staatsvoertuie te bestuur wat aan hul kantore toegeken is. Die opdrag, wat op 16 Oktober uitgereik is, vereis dat goewerneurs van hul aangewese bestuurders gebruik maak. Goewerneurs wat dit nie nakom nie,…
13 Nov 9AM 1 min

IPC vra ingryping in opeenhoping by Walvisbaai-hawe

Die IPC spreek kommer uit oor die toenemende opeenhopingskrisis by die Walvisbaai-hawe. Dit volg nadat groot internasionale skeepsrederye, waaronder Maersk, COSCO, CMA CGM en MACS Shipping, bevestig het dat verskeie skepe Namibië verbyvaar weens ernstige opeenhoping by die hawe. Gevolglik word skepe wat noodsaaklike vrag vervoer, eerder by hawens in…
13 Nov 9AM 1 min