
El Niño verhoog Namibië se droogterisiko
Loading player...
Namibië staar ’n verhoogde risiko van warmer en droër toestande gedurende die 2026/2027-reënseisoen in die gesig. Onafhanklike weerkundige Vilho Ndeunyema waarsku dat laer reënval oeste, waterbronne en weidingsgebiede vir vee kan bedreig, veral tussen Januarie en Maart 2027. Hy doen ’n beroep op boere en gemeenskappe om vroegtydig voor te berei en water spaarsamig te gebruik.

