
Rugby: Kolisi min gepla oor Frankryk se keuse van Antoine Dupont as losskakel
Loading player...
Springbok-kaptein Siya Kolisi sê hulle is nie bekommerd oor hoe Frankryk se skakelpaar, kaptein Antoine Dupont en Maxime Lucu, hul Nasieskampioenskap-kragmeting vanaand in Parys sal beïnvloed nie. Suid-Afrika keer terug na die Stade de France, waar hulle Les Bleus in vyf agtereenvolgende wedstryde geklop het. Kolisi sê niemand wil beserings hê nie, maar elke span loop deur en spelers moet in ander posisies speel. Hy sê dis normaal in die sport:

