Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
320 – 340

Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld 

Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR…
3 Nov 3AM 1 min

Mediavakbond eis sterker beskerming vir joernaliste

Die Namibia Media Professionals Union doen 'n beroep op regerings om maatreëls te versterk om joernaliste te beskerm en te verseker dat misdade teen mediawerkers nie ongestraf bly nie. Die oproep kom tydens die herdenking van die Internasionale Dag vir die Beëindiging van Straffeloosheid vir Misdade teen Joernaliste. Die vakbond…
3 Nov 3AM 1 min

Johannesburg wil afhanklikheid van private watertenkwaens verminder

Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad bou geleidelik sy eie vloot watertenkers op om sy afhanklikheid van privaat kontrakteurs te verminder. Hy het die media ingelig oor die huidige watervoorsiening-situasie en pogings om dienste te herstel. Morero het gesê 20 tenkwaens wat verlede jaar aangekoop is, is…
3 Nov 2AM 1 min

Vereniging dring aan op dagga-dekriminalisering

Die Dagga- en Hennepvereniging van Namibië het sy pleidooi vir die dekriminalisering van dagga en die skrap van kriminele rekords vir geringe oortredings hernu. In ’n gesprek oor die voortgesette impak van die verbod het stigter Angela Prusa kritiek uitgespreek oor selektiewe inhegtenisnemings en streng vonnisse vir nie-gewelddadige oortredings. Sy…
3 Nov 2AM 1 min

Ondernemingslikwidasies in SA in September met 12,3-persent afgeneem

Statistiek Suid-Afrika sê likwidasies van ondernemings het in September met 12,3-persent van 285 tot 250 gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Ondernemingslikwidasies het met 27 gevalle afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies met agt gedaal het. Onica Mushwana van Statistiek Suid-Afrika sê die syfers toon ook 'n daling van…
3 Nov 1AM 1 min

Namibië bied Afrika-energie- en olie-en-gasberaad aan

Namibië bied die vyfde Internasionale Afrika-energie-, olie- en gasberaad in Windhoek aan, waar beleidmakers, beleggers, bedryfsleiers en navorsers byeenkom om die toekoms van die vasteland se energiesektor te bespreek. Die tweedaagse beraad, wat vandag begin het, word onder die tema “Igniting Africa's Energy and Land Governance Futures” aangebied. Die Namibië…
3 Nov 1AM 1 min

Ramaphosa prys Premier Sokkerliga se prestasies

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Premier Sokkerliga geprys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker en dit beskryf as die bes georganiseerde liga op die vasteland. Tydens 'n besoek aan die PSL-hoofkantoor in Johannesburg vandag, het Ramaphosa gesê sokker is steeds die sportsoort wat met 77-persent die meeste…
3 Nov 12AM 1 min

Klopper waarsku AGOA-uitsluiting kan SA duur te staan kom

Ekonoom Dawie Klopper waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms tot groter ekonomiese onsekerheid en ernstige werksverliese kan lei. Hy sê die regering is vooraf gewaarsku dat die land se uitsluiting 'n moontlikheid is, maar het volgens hom nie voldoende op Amerikaanse voorwaardes en eise gereageer nie. Klopper…
3 Nov 12AM 1 min

Baby Warriors baat by internasionale blootstelling in Azerbeidjan

Die hoofafrigter van die Baby Warriors, Woody Jacobs, sê die span se deelname aan die FIFA Onder-15 Wêreldbeker en -fees in Azerbeidjan het waardevolle internasionale blootstelling gebied. Hy sê wedstryde teen sterk internasionale spanne het die jong spelers aan verskillende sokkerkulture blootgestel en terselfdertyd 'n beter aanduiding gegee van waar…
2 Nov 11PM 1 min

Mans aangemoedig om tydens Movember vir prostaatkanker te laat toets

Movember is hier, en mans word aangemoedig om beheer oor hul gesondheid te neem deur gereelde sifting vir prostaatkanker te ondergaan. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, sê sowat 440 gevalle van prostaatkanker word jaarliks plaaslik gediagnoseer. Dit maak dit die derde mees gediagnoseerde kanker in die…
2 Nov 11PM 1 min

Die DA sê Suid-Afrika se uitsluiting van AGOA kon vermy word

Die DA sê Suid-Afrika se uitsluiting as bevoordeelde van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kon vermy word en is totaal onnodig in die konteks van gesonde ekonomiese diplomasie en onderhandeling. Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger se kantoor het bevind die regering se praktyke is strydig met die vereistes om…
2 Nov 11PM 1 min

Jauch kritiseer Beefcor se beplande aflegging van 393 werkers

Arbeidsdeskundige Herbert Jauch kritiseer Beefcor se plan om 393 werkers by sy Okahandja-slagpale af te lê weens uitvoerbeperkings wat deur bek-en-klouseer veroorsaak is. Hy sê afleggings in reaksie op 'n tydelike siekte-uitbraak is teenstrydig met die gees van die Arbeidswet. Volgens Jauch moet werkgewers eers alternatiewe kostebesparende maatreëls ondersoek en…
2 Nov 11PM 1 min

Sauma bevraagteken Rosatom se beweerde goedkeuring

Die Stampriet-akwifeer Uraanmyn-vereniging (Sauma) is bekommerd oor berigte dat Rosatom se Leonardville-uraanprojek toestemming ontvang het om toetsboorgate te boor. Die Russiese nuusagentskap Interfax het die maatskappy se uitvoerende hoof, Alexei Likhachev, aangehaal wat sê die projek het die groen lig gekry ná 'n besoek deur 'n afvaardiging van die Internasionale…
2 Nov 11PM 1 min

SA Interministeriële komitee doen beroep op vreedsame munisipale verkiesing

Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná 'n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing…
2 Nov 10PM 1 min

Rob Youth Foundation bied N$100 000 se vloedhulp aan Bacopa-huishoudings

Gabriela Jeronimo, uitvoerende direkteur van die Rob Youth Foundation, het die organisasie se belangrikste mylpale vir jeugbemagtiging en hulpverlening vir 2026 uiteengesit. Dit sluit in die verspreiding van matrasse en muskietnette ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan vloedgeteisterde huishoudings in Bacopa-dorp. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
2 Nov 10PM 1 min

SA munisipale verkiesings skop goed af

Die Verkiesingskommissie sê die eerste dag van spesiale stemmery vir Woensdag se munisipale verkiesing het goed verloop, met bykans 99-persent van stempunte wat betyds geopen het. Die OVK sê sake het meestal vlot verloop, hoewel sommige stempunte in Kaapstad vertragings ondervind het. Adjunk-uitvoerende hoof Masego Sheburi het kiesers aangemoedig om…
2 Nov 10AM 1 min

Hou raadslede verantwoordelik, sê Sankwasa

Stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, doen ’n beroep op burgers om hul raadslede tot verantwoording te roep indien hulle nie hul verkiesingsbeloftes nakom nie. Tydens die negende kongres van die Vereniging van Streeksrade in Rundu het Sankwasa kommer uitgespreek oor berigte dat sommige raadslede selfvoldaan word nadat hulle verkies…
2 Nov 10AM 1 min

Maak veilige skuilings oop vir kinder-slagoffers: Unicef

Unicef se streeksdirekteur, Etleva Kadilli, doen ’n beroep op die regering om veilige skuilings beskikbaar te stel en die vervolging van geslagsgebaseerde geweld- en seksuele aanranding-sake te bespoedig. Tydens ’n toespraak in Khorixas, waar agt gevalle van kinderverkragting sedert 2024 aangemeld is, het Kadilli beklemtoon dat ’n kindergesentreerde regstelsel en…
2 Nov 9AM 1 min

'Lugroetes tans te min' om nuwe konferensiekompleks te voer

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê die beplande Venus-konferensiekompleks met 5 000 sitplekke beklemtoon Windhoek se groeiende internasionale profiel. Sy sê egter ernstige knelpunte kan die sukses van die projek in die wiele ry. Volgens Paetzold sal dit moeilik wees om die megaprojek lewensvatbaar te…
2 Nov 9AM 1 min
320 – 340