Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
580 – 600

Suid-Afrika wil uitvoer en werke bevorder deur China se zero-tarief beleid

Die Suid Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Parks Tau, sê Suid-Afrika wil China se zero-tarief beleid vir Afrikalande gebruik vir meer uitvoere, plaaslike vervaardiging en werkskepping. China het die eensydige voorkeurskema bekendgestel wat belastingvrye toegang bied vir alle produkte, behalwe 47 tarief-lyne wat onderworpe sal wees aan tariefkoers-kwotas, vir…
23 Oct 7AM 1 min

Ministerie monitor seismiese aktiwiteit voortdurend ná Kamanjab-aardbewing

Die aardbewing van 4,9 naby Kamanjab het plaasgevind in ’n gebied met talle breuklyne in die aardkors, sê Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese. Volgens Sitali verskuif hierdie swakker sones voortdurend, wat aardbewings veroorsaak. Sitali het met NBC gepraat en gesê ’n aardbewing van dié sterkte word…
23 Oct 7AM 1 min

Namibië berei 12 jong atlete voor vir Dakar-jeug Olimpiese Spele

Namibië se afvaardiging van 12 atlete na die Dakar-jeug Olimpiese Spele wil die grondslag lê vir die land se volgende geslag internasionale kampioene. Anri Parker, ’n uitvoerende lid van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, sê die jong atlete ontvang omvattende opleiding ter voorbereiding vir Afrika se eerste Olimpiese Spele van…
23 Oct 6AM 1 min

Okahandja-inwoners beplan optog oor dienslewering en grondtoekennings

Inwoners van Okahandja beplan om dié naweek aan ’n gemeenskapsoptog deel te neem onder die vaandel van “Genoeg is Genoeg”. Hulle eis dat die volle munisipale raad teenwoordig moet wees om kwessies oor swak dienslewering, behuising en grondtoekennings aan te spreek. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa,…
23 Oct 6AM 1 min

Koeler temperature teen Sondag bring verligting ná hittegolf

Namibiërs wat swoeg en kla onder die huidige hittegolf, kan vanaf Sondag verligting verwag, wanneer koeler temperature na verwagting die Khomas-streek sal bereik. Die res van die binneland kan teen Maandag afkoeling ervaar. Die hitte sal egter deur die naweek voortduur, en die weerdiens doen ’n beroep op die publiek…
23 Oct 6AM 1 min

Nandi-Ndaitwah spoor ondernemings aan om mededingendheid te versterk

President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ’n beroep op Namibië se sakegemeenskap om hul produkte beter te bemark en meer mededingend te maak. Tydens haar toespraak vanoggend by die tiende Swakopmund International Trade Expo het sy die belangrikheid van doeltreffende produkbemarking vir besigheidsgroei beklemtoon.
23 Oct 6AM 1 min

Min kans op belastingverligting in komende begroting

Gewone Namibiërs moet nie belastingverligting of verhoogde staatsondersteuning in die komende begroting verwag nie, aangesien dalende inkomste en hoë staatskuld die regering in ’n streng besparing-siklus vasgevang hou. Cirrus Capital-ontleder Romé Mostert het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê enige finansiële verligting kan die begrotingstekort verder vergroot. Sy sê Namibië se…
23 Oct 6AM 1 min

Ontleder: Suid-Afrika diversifiseer uitvoermarkte te midde van onsekerheid oor Agoa

Politieke ontleder Christo van der Rheede sê Suid-Afrika het sy afhanklikheid van die Amerikaanse mark ingevolge Agoa aansienlik verminder deur landbou-uitvoere na Europa, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en die res van Afrika te diversifiseer. Hy erken egter dat ’n moontlike opskorting van Agoa groot uitdagings vir die motorbedryf en…
23 Oct 5AM 1 min

Kauandenge pleit vir breë opposisiekoalisie voor 2029-verkiesing

Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, doen ’n beroep op ’n breë koalisie van opposisiepartye voor die algemene verkiesing van 2029, met die doel om die regerende party se oorheersing te verbreek. Kauandenge waarsku dat voortdurende opposisie-fragmentasie slegs die status quo versterk. Hy moedig opposisieleiers aan…
23 Oct 5AM 1 min

Jeugontwikkelingsfonds keur 373 projekte goed, beoog 7 110 werksgeleenthede

Die minister van finansies, Ericah Shafudah, sê die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds het 373 jeugprojekte in al 14 streke goedgekeur. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê teen 25 September is 110,2-miljoen Namibiese dollar aan begunstigdes uitbetaal. Die projekte sal na…
23 Oct 4AM 1 min

//Kharas-goewerneur vra dringende optrede teen bek-en-klouseer

Die goewerneur van die //Kharas-streek, Dawid Gertze, sê dringende optrede en samewerking is nodig om die impak van bek-en-klouseer op boere en die streeksekonomie te beperk. Hy het dit gesê tydens ’n vergadering met boere en belanghebbendes in Keetmanshoop, waar voorgestelde beheermaatreëls, inenting, beperkings op die beweging van vee en…
23 Oct 4AM 1 min

High Octane Festival bring twee dae van motorsportaksie na Windhoek

Twee dae van opwindende motorsport wag op inwoners van Windhoek wanneer die 2026 Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania vanmiddag om vieruur sy hekke by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek vir die publiek open. Vier motorsportkategorieë — drifting, drag racing, spinning en gymkhana — sal deur Big Boy…
23 Oct 3AM 1 min

Ramaphosa sê politieke geskille mag nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie

Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê politieke geskille en onbestendigheid moet nie noodsaaklike munisipale dienste ontwrig nie. Ramaphosa het in sy toespraak by die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering by die Birchwood-hotel in Boksburg gesê munisipaliteite moet voortgaan om betroubare water, elektrisiteit en ander basiese dienste te…
23 Oct 1AM 1 min

NamRA maan belastingbetalers om voor 31 Oktober uitstaande skuld te vereffen

Met baie Namibiërs wat vandag hul salarisse ontvang en die sperdatum van 31 Oktober wat vinnig nader kom, doen NamRA ’n beroep op belastingbetalers met uitstaande belastingskuld om dringend hul sake in orde te kry. Aune Shikongo, NamRA se bestuurder vir die Sentrale Streek: Registrasie, Belastingbetalerdienste en Skuldbestuur, sê belastingbetalers…
23 Oct 1AM 1 min

Byna 87 000 studente baat by gesubsidieerde tersiêre onderwys

Die Minister van Finansies, Erica Shafudah, sê sowat 87-duisend studente het vanjaar by die regering se gesubsidieerde tersiêre onderwysprogram baat gevind. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê die regering het naastens 4-duisend onderwysers en nie-onderwyspersoneel aangestel in die…
23 Oct 1AM 1 min

Steenkamp sê dis onregverdig om skoolsertifikate van leerders terug te hou

Die Minister van Onderwys, Sanet Steenkamp, sê dit is onregverdig om skoolsertifikate van leerders terug te hou. Sy het in die parlement gereageer op ’n vraag van IPC-LP Bertha Nghifikwa, wat wou weet of beroepsopleidingsentrums leerders kan toelaat wat beroepsvoorbereidende vakke op Graad 9-vlak voltooi het, maar nooit hul sertifikate…
23 Oct 1AM 1 min

2027 Dakar-tydren keer ná 20 jaar terug na Afrika

Reaksie word ontvang op die 2027 Dakar-tydren wat vir die eerste keer in 20 jaar weer in Afrika aangebied gaan word. Dit is teruggebring weens toenemende veiligheidskwessies in die Midde-Ooste, en die organiseerders het besluit om die veeleisende wedren uit Saoedi-Arabië te skuif. Volgens beplande skedules sal die 49ste uitgawe…
23 Oct 12AM 1 min

NTN se ‘Yah, Neh?’ kombineer humor met vrae oor Namibiese identiteit

Die Nasionale Teater van Namibië bring humor en sosiale kommentaar na die verhoog met sy nuwe skets-komedie-produksie, Yah, Neh? Die vertoning, wat van 4 tot 6 November in Windhoek plaasvind, beloof om alledaagse Namibiese ervarings te weerspieël, terwyl dit vrae oor identiteit en kultuur laat ontstaan. NTN-woordvoerder, Desiree Mentor, het…
23 Oct 12AM 1 min
580 – 600