Die voormalige president Thabo Mbeki sê apartheids-era-sake moet deur die behoorlike wetlike en grondwetlike prosesse hanteer word. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie in Johannesburg getuig en ontken dat daar 'n algemene amnestie-ooreenkoms of geheime ooreenkomste was om vervolging te beëindig. Hy sê besluite oor vervolging moet berus by die Nasionale…
IPC-woordvoerder Imms Nashinge reageer op Swapo-LP Salomon April se ondersoek na die besteding van opposisiepartye se fondse en wys op regeringsmislukkings soos Fishrot. In ’n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon Nashinge dat staatsbefondsing aan politieke partye wetlik bedoel is om demokratiese deelname te ondersteun. Hy voer aan dat die…
AfriForum waarsku Suid-Afrikaners om bedag te wees op vakansiebedrog namate die feestyd nader kom. Bedrieërs gebruik vals advertensies vir akkommodasie, gekloonde webwerwe en oneerlike reisagente om mense te mislei om te betaal vir vakansies wat nie bestaan nie. Jacques Broodryk van AfriForum sê meer as 48 gesinne het verlede jaar…
Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Patrick Nandago, sê dat staatsamptenare se produktiwiteit, en dus dienslewering, met tussen 40 en 50 persent gedaal het. Hy sê dat staatsamptenare persoonlike sake bo amptelike pligte prioritiseer, met sommige van hulle wat hulsef heeldag in hul kantore toesluit om gebedsgroepe te lei. In 'n…
Die voormalige Bafana Bafana- en Kaizer Chiefs-legende, Doctor Khumalo, is aangestel as ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se tegniese komitee. Die president van SAFA, Danny Jordaan het die aanstelling bevestig ná 'n vergadering van die Nasionale Uitvoerende Komitee in Sandton. Die komitee hou toesig oor sokkerontwikkeling, afrigtingsstandaarde en die prestasie…
Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, sê die stad se program vir onafhanklike kragprodusente kan beleggings van 6,2-miljard-Namibiese dollar lok en oor 20 jaar ’n besparing van 36-miljard dollar op grootmaat-elektrisiteit teweegbring. Xhakaza sê die stad se aansoek om ’n ministeriële bepaling ingevolge die Wet op Elektrisiteitsregulering, bied regulatoriese sekerheid…
IPC-LP John-Louw Mouton sê vandag se jeug bring ’n duidelike tegnologiese perspektief en moet help om beleidsoplossings te vorm, eerder as om bloot aan politieke roetine deel te neem. Aan die einde van die Jong Parlementariërs-koukus se werkswinkel het Mouton beklemtoon dat jong wetgewers as toekomstige leiers van die land…
Die 25-jarige psigiatriese pasiënt Modestus Ndidalelwa is in hegtenis geneem nadat hy onwettig toegang tot die BBP-perseel van die Eros-lughawe op 12 Oktober verkry het. Dit is die tweede keer dat 'n psigiatriese pasiënt sekuriteit ontduik by persele wat hoogs bewaak behoort te wees. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi sê dat…
Energiekenner Harald Schutt waarsku teen die versnelde Baynes-waterkragprojek, en sê dat dit nooit sy massiewe konstruksiekoste sal verhaal nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Schutt gesentraliseerde megastasies as verouderd bestempel en sê dat swaar padinfrastruktuur, langafstand-oordrag en finansieringskoste uiteindelik elektrisiteitstariewe vir verbruikers sal opdryf:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië en Angola moet hul ekonomiese bande verdiep deur handel uit te brei en vaardighede en kundigheid te deel, om meer waarde uit hul natuurlike hulpbronne te ontsluit. By die inleidende Angola–Namibië Tweesydse Kommissie in Luanda het sy na geleenthede vir samewerking in die olie- en…
Die Suid-Afrikaanse kredietverskaffer Prime Loans vra die regering om die reëls vir korttermynlenings te hervorm om toegang tot veilige, wettige krediet te verbeter en finansieel kwesbare verbruikers te beskerm teen onwettige geldskieters. Die onderneming sê verouderde prysbepalings, wat sedert 2015 nie wesenlik hersien is nie, maak dit vir kredietverskaffers moeilik…
Namibië is steeds onder internasionale standaarde wat begrotingskwessies aangaan. In die jongste Oop Begrotingsopname van die International Budget Partnership, het die land 53 punte vir begrotingsdeursigtigheid en 17 punte vir openbare deelname behaal. Martha Nangolo, 'n navorsingsmedewerker by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die opname plaaslik gedoen het, vra…
Amerikaanse president Donald Trump onderskryf die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, vir herkiesing in volgende week se parlementsverkiesing - die eerste sedert die Hamas-geleide aanvalle in Oktober 2023. Trump beskryf Netanyahu as 'n gedugte vegter en belangrike vennoot van Amerikaanse optrede teen Iran. Die meeste meningspeilings toon Netanyahu se koalisie…
James Itana, uitvoerende direkteur van Regain Trust, sê hoewel Namibië na die vierde plek in die 2026 Gender Gap Index geklim het, die indeks geslagsgebaseerde geweld, die land se mees sigbare ongelykheid uitsluit. Itana spoor die regering aan om onmiddellik op te tree deur 'n toegewyde geslagsgeweld-begroting te vestig, polisiebeskermingseenhede…
Die Otjinene-gesondheidsentrum in die Omaheke-streek het oorgeskakel na 24-uur-bedrywighede as deel van die gesondheidministerie se nasionale dekongestie-strategie. Ministerie-woordvoerder Walters Kamaya sê dat na suksesvolle 24-uur-opgraderings in Khomas, die uitrol nou streekgebiede bereik wat dringend na-uurse sorg nodig het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Toenemende spanning in die Midde-Ooste na aanvalle op tenkskepe in die Straat van Hormuz kan 'n wêreldwye resessie veroorsaak as oliepryse bo 120 Amerikaanse dollar per vat styg, sê ekonoom Dawie Roodt. Hy waarsku dat brandstofinvoerders soos Namibië onmiddellike druk by die pomp in die gesig staar, met verdere prysstygings…
Die Regshulpssentrum sê voorstelle om 'n Konstitusionele Hof in Namibië te vestig is nie tans dringend nie, midde debat oor of die land 'n toegewyde hof vir grondwetlike sake nodig het. Dit volg na die voormalige parlementslid Hidipo Hamata sy steun aan die idee toegesê het, met die argument dat…
Die LPM beskuldig Swapo daarvan dat die party vorige verkiesings gesteel het en die regbank gebruik het om homself van aanspreeklikheid te beskerm. Die LPM se hoofsweep, Dawid Eigub, beweer dat die uitvoerende gesag en die Verkiesingskommissie kiesers sistematies van hul stemme beroof het deur opposisiepartye van plaaslike stembriewe af…
19 Oct 10AM
1 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.