Maroela Media Katbosbult

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.

"Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.
Afrikaans South Africa Drama
121 Episodes
100 – 120

Katbosbult – Episode 100

“Sersant Maritz” is weer bedrywig. Die swart weduwee se slagoffers, as gevolg van haar skelmstreke, groei by die dag. En die bedrae geld wat betrokke is! Maar gedane sake het geen keer nie. Hoekom sou Jasper Rolbos toe ry, en in wie loop hy hom daar vas?
Season 1 / Episode 100 11 min

Katbosbult – Episode 101

Almal op die dorp koop vandag die Katbosnuus. Dit is ʼn moet-lees-uitgawe. Shirley kry boonop nuus oor die “blou koeverte” wat destyds haar deelname aan die verkiesing beëindig het. Maar hoekom is sy in so ʼn slegte bui … dit is nie hoe Katbosbult haar ken nie.
Season 1 / Episode 101 11 min

Katbosbult – Episode 102

Kyk wie kom kuier op Katbosbult met die dorpsfees. Gert raak knorrig oor sy ontydige kuiergas. Wie is Gretchen se jongste slagoffer? Iemand kom kuier vir Leonardo op sy tuinbankie en dit loop op ʼn vuurwarm gesprek uit.
Season 1 / Episode 102 11 min

Katbosbult – Episode 103

Die Valke is skielik bedrywig in Katbosbult en dit gee aanleiding tot ligte konsternasie. Monique is op ʼn missie met ʼn lys eise in die hand en sy laat haar nie van stryk bring nie. Wie gee oornag pad uit Katbosbult?
Season 1 / Episode 103 11 min

Katbosbult – Episode 104

ʼn Bomdreigement ruk Katbosbult. Shirley is skielik haastig op pad. En na al die dag se drama word die sersant met ʼn doel genooi vir ʼn pannekoek onder die boom. Hy word behoorlik ingekatrol.
Season 1 / Episode 104 11 min

Katbosbult – Episode 105

Uiteindelik breek Katbosbult se geskiedkundige dorpsfees aan. Die inwoners is opgewonde en stroom na die feesterrein. Spoedig is daar ʼn hewige woordewisseling in die skuur. Tussen al die lawaai, loei die dorp se ambulans skielik die feesterrein binne.
Season 1 / Episode 105 10 min

Katbosbult – Episode 106

Daar word geskarrel in die Katbosbult Hospitaal. Die waarheid het ʼn manier om op ʼn ongemaklike tyd uit te kom. En toe gebeur dit ook … onder die boom, pannekoek in die hand, heel onverwags. Dit laat Chrissie vir ʼn oomblik soek na woorde, so erg is dit.
Season 1 / Episode 106 10 min

Katbosbult – Episode 107

Gert is knorrig verby. In plaas daarvan om as die raadslid vir ekonomiese ontwikkeling gebruik te word, word hy al hoe meer as raadslid vir regsdienste misbruik. ʼn Kontrak ontstel hom … en tereg ook. Reggie deel ʼn bekommernis met haar werkgewer.
Season 1 / Episode 107 10 min

Katbosbult – Episode 108

Sersant Johnson en Monique spring aanmekaar … omdat hy wil verstaan waarom die Valke se aankoms in Katbosbult die poppe so laat dans. Lampies Lamprecht is duidelik nie onder ʼn kalkoen uitgebroei nie. Dit is of hy Monique elke keer net mooi ʼn tree vooruit is, maar iemand voer Lampies…
Season 1 / Episode 108 11 min

Katbosbult – Episode 109

Weduwee Chrissie se handelsmerk-ete is bruin geroosterde skaapnek bedien op ʼn bed wortels, klein uitjies en kruie. Raai wie trakteer sy dié keer met haar fynproewerkos? Katbosbult is skielik vol hubare en beskikbare wewenaars. Dit is net ʼn kwessie van wie pas nou eintlik by wie.
Season 1 / Episode 109 12 min

Katbosbult – Episode 110

Groot drama speel hom op die feesterrein in ʼn werkershuisie af. Die joernalis met die kort rokkie is weer fluks byderhand vir haar volgende voorbladartikel, en daar is weer ʼn romantiese ete vir twee.
Season 1 / Episode 110 11 min

Katbosbult – Episode 111

Monique is iemand wat altyd ʼn agenda het en haar eie manier van dinge doen. Sy ry skielik Kaapstad toe en verstom almal. Sylvia Shoba is ʼn bron van kommer. Die vrae rondom haar doen en late hoop net op, sonder antwoorde.
Season 1 / Episode 111 11 min

Katbosbult – Episode 112

Chrissie voel die onheil in die lug aan. Sy kan net nie haar vinger daarop lê nie. Gharies Gans maak weer onverwags sy verskyning. Monique sluit ʼn vrugbare besoek aan die Kaap af. Sy ry terug Katbosbult toe met ʼn nuwe missie en vuur in haar. Hierdie keer stuit sy…
Season 1 / Episode 112 11 min

Katbosbult – Episode 113

Chrissie verval in onguns by die burgemeester. Gert is vir die soveelste keer die raadslid wat ʼn delikate saak vir die burgemeester hanteer. Shirley voel sy kan nie langer ʼn moordkuil van haar hart maak nie.
Season 1 / Episode 113 11 min

Katbosbult – Episode 114

Die vraag op almal se lippe is wat het met Chrissie gebeur? Kyk wie storm by die gimnasium in en konfronteer Reggie. Die tannie met die kort rokkie is weer op haar pos, reg vir haar volgende voorbladstorie … hulle word sappiger. Met wie deel Jasper sy interessante teorie oor…
Season 1 / Episode 114 12 min

Katbosbult – Episode 115

Sake verloop vinnig op Katbosbult, maar eers moet Gharies Gans en Sylvia Shoba die regte regshulp kry. Die Valke is bedrywig; hulle wil die grootste slag tot op datum teen vetplantstropery slaan, maar daarvoor moet hulle die sindikaatleier vastrek.
Season 1 / Episode 115 9 min

Katbosbult – Episode 116

Leonardo kry iets in ʼn garage op Herklaas se plaas wat hom die sersant se hulp laat inroep. Beloftes maak skuld. Die sersant onthou van so ʼn belofte wat hy nog nie nagekom het nie. Jasper se ma, Janita, het haar geliefdes aan die skarrel.
Season 1 / Episode 116 10 min

Katbosbult – Episode 117

Reggie word teen wil en dank by ʼn ongemaklike saak betrek wat haar slapelose nagte besorg. Skielik vind daar ʼn paar van die moeilikste gesprekke denkbaar op Katbosbult plaas … en dit krap ʼn paar lewens erg deurmekaar. ʼn Enorme skok tref die dorp. Dis ʼn lelike opslagbal.
Season 1 / Episode 117 12 min

Katbosbult – Episode 118

Dit is tyd vir Gert om met vindingryke voetwerk ʼn oplossing te onderhandel oor ʼn netelige kwessie. Chrissie en Monique om dieselfde tafel is moeilikheid met ʼn hoofletter M. Hulle het nou maar eenmaal nie ooghare vir mekaar nie. Gert het sy hande vol.
Season 1 / Episode 118 11 min

Katbosbult – Episode 119

Janita is in die hospitaal en dit druk swaar op haar geliefdes se gemoed. Leonardo tree Monique aan en hy draai nie doekies om nie. Hy neem ʼn groot besluit en laat trek ʼn kontrak op. Reggie word verras.
Season 1 / Episode 119 12 min
100 – 120