Maroela Media Katbosbult

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.

"Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.
Afrikaans South Africa Drama
121 Episodes
80 – 100

Katbosbult – Episode 80

Dit gons en skinder een strook deur oor wie die uitverkore feeskoördineerder gaan wees. Planne word beraam, beloftes gemaak en daar is selfs dreigemente. Dan besluit die burgemeester dat hy die groot aankondiging Saterdag sal maak, wanneer hy deur die Persklub vereer word.
Season 1 / Episode 80 11 min

Katbosbult – Episode 81

Die groot aankondiging is gemaak en nou gons en skinder dit eers fluks in die dorp. Die nuwe feeskoördineerder is dadelik in die spervuur. Groter uitdagings laat sekere individue blom, onder andere die nuwe feeskoördineerder.
Season 1 / Episode 81 11 min

Katbosbult – Episode 82

Sersant Johnson is nuuskierig om ʼn spesiale rede … dit is nie gewone nuuskierigheid nie. Met wie gesels hy almal en hoekom? Die gimnasium beleef ʼn katgeveg soos min.
Season 1 / Episode 82 10 min

Katbosbult – Episode 83

Almal wat op die dorpsfees wil uitstal, weet van die twee prima uitstalgeriewe. Daar is ʼn geskarrel om die twee uitstalruimtes te bekom. Allerhande planne word gesmee om in die feeskoördineerder se goeie boekies te kom. Buitengewone gesprekke is aan die orde van die dag.
Season 1 / Episode 83 11 min

Katbosbult – Episode 84

Dit is ʼn nag van drama in woonstel 19 … met ernstige gevolge. En natuurlik is die joernalis met haar ekstra kort rokkie byderhand. Gert loop skielik onder ernstige kruisondervraging deur. Hy moet vir ʼn vale verduidelik.
Season 1 / Episode 84 11 min

Katbosbult – Episode 85

Dit is tyd vir die feeskoördineerder om besluite te neem sodat daar vordering met die dorpsfees se reëlings gemaak kan word. Wie ontferm haar oor Leonardo? Maar dis nie die enigste besoek wat Leonardo kry nie. ʼn Groot geheim kom aan die lig en laat die vonke behoorlik spat.
Season 1 / Episode 85 11 min

Katbosbult – Episode 86

Goeie bedoelings het nie altyd die verwagte gevolge nie. Reggie kom so ʼn dilemma oor. Sake verloop eenvoudig nie soos sy verwag het dit moet verloop nie alhoewel sy dit goed bedoel.
Season 1 / Episode 86 11 min

Katbosbult – Episode 87

Dit is tyd vir nuwe drome en vennootskappe op Katbosbult. Vir sekere drome is die prys nooit te groot of die uitdagings te veel nie. Vir jou droom doen jy wat nodig is en selfs meer. Leonardo het so ʼn droom en hy sal vir niks stuit om dit te…
Season 1 / Episode 87 12 min

Katbosbult – Episode 88

Dit is hartseer op die misdaadtoneel. Die ambulans jaag hospitaal toe. Sersant Johnson volg elke leidraad op. Chrissie kry ʼn sakevoorstel wat haar sprakeloos laat … dit is die laaste ding wat sy verwag het, veral van die spesifieke persoon op Katbosbult.
Season 1 / Episode 88 11 min

Katbosbult – Episode 89

Reggie ry Richroux toe en vertel van ʼn gesprek wat haar die vorige nag uit die slaap gehou het. Sy besef maar alte gou dat sy beslis nie Sekretaresse van die maand gaan wees nie. Maar sy hou by Plan A. Daar is nuus oor die afgebrande plaashuis.
Season 1 / Episode 89 10 min

Katbosbult – Episode 90

Leonardo maak hom reg vir die aand van sy lewe, skink die wynglase vol en dan lui sy voordeurklokkie. Maar dit word ʼn nag van uiterste drama wat Leonardo sprakeloos laat. Gert, gegooi deur die gebeure, kry nie twee en twee bymekaar getel nie. Iets rym nie.
Season 1 / Episode 90 11 min

Katbosbult – Episode 91

Dit is blouer as die blouste Maandag vir sersant Johnson, en dit gebeur net mooi wanneer die kaptein terug is by die werk. Dit is verstommend hoeveel in so ʼn kort tydjie kan skeefloop. Leonardo voel hy bly in die spervuur, en net toe hy dink dinge kan nie slegter…
Season 1 / Episode 91 10 min

Katbosbult – Episode 92

Leonardo bly in die moeilikheid. Sy nuwe “vennoot” snel hom te hulp met nuttige inligting en blink planne om die dreigende situasie te help ontlont en reg te bestuur. Maar, waarheen het Jasper met die motorfiets verdwyn?
Season 1 / Episode 92 10 min

Katbosbult – Episode 93

Die spoke van die kwade aand in die nagklub op Rolbos maak weer hulle verskyning. Monique word weer pure “sersant Maritz”. Sy loop sersant Johnson storm met ʼn paar wenke. Bedoel sy dit opreg, of is dit ʼn nuwe skelmstreek van haar?
Season 1 / Episode 93 10 min

Katbosbult – Episode 94

Dit is tyd vir Jasper om ʼn paar mense vierkantig in die oë te kyk en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar. Reggie kry ʼn oproep wat haar onkant betrap. Dan besluit sy om ʼn romantiese aand vir twee te beplan.
Season 1 / Episode 94 11 min

Katbosbult – Episode 95

Reggie se romantiese ete vir twee verloop soos ʼn droom, beter as wat sy verwag het, maar moet die joernalis met die kort rokkie altyd so ongeleë wees?! Gert sorg vir blomme vir spesiale mense.
Season 1 / Episode 95 12 min

Katbosbult – Episode 96

Chrissie vertrek op ʼn geheime besoek. Die sersant besluit dit is tyd om om weer om hulp by “Sersant Maritz” aan te klop … sy help tog so graag. Waarmee is dit hierdie keer? Kyk wie trek in die gastekamer langs Shirley in.
Season 1 / Episode 96 11 min

Katbosbult – Episode 97

Leonardo en Shirley spring op Richroux aanmekaar. Dit is ʼn bekgeveg soos min. Waaroor sou die hare so waai? Gert beleef ʼn skok wat hom mettertyd heeltemal onderstebo klap.
Season 1 / Episode 97 11 min

Katbosbult – Episode 98

ʼn Vrou se naam is op elkeen se lippe; Katbosbult gons behoorlik oor haar. Die vrou het Reggie erg bekommerd. Hoekom? Sy roep dadelik hulp in. Skielik word dit ʼn baie lang dag. Die aand eindig met ʼn skok.
Season 1 / Episode 98 10 min

Katbosbult – Episode 99

Gert weet hy is in tamatiestraat … ván die burgemeester tót Reggie moet oral vure doodslaan om sy bas te red. Katbosbult het nie die swart weduwee sien kom nie. Sy tref die dorp met ʼn slag. Dit is skok op skok … en volop skindernuus. Vir die eerste keer…
Season 1 / Episode 99 10 min
80 – 100