Maroela Media Katbosbult

Katbosbult

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.

"Katbosbult" word vervaardig deur Maroela Media.
Afrikaans South Africa Drama
121 Episodes
60 – 80

Katbosbult – Episode 60

Dis die dag van die langverwagte verkiesing en dit gons in Katbosbult. Wie ondersteun vir wie… en wie help om kiesers aan te ry stembus toe? Die spanning bou op. Uiteindelik kan daar net een wenner wees. Maar daar wag ʼn groot skok op die dorp se mense.
Season 1 / Episode 60 11 min

Katbosbult – Episode 61

Shirley se besluit stuur skokgolwe deur die dorp en stook sosiale media. Reggie is die meeste ontsteld en verwerk Shirley se besluit moeilik. Sersant Johnson is terug in Katbosbult en gereed vir sy interne tugverhoor.
Season 1 / Episode 61 10 min

Katbosbult – Episode 62

Raadslid Celliers het beslis met titel en al in Katbosbult aangekom. Sy geniet haar nuwe status en sorg dat almal met wie sy in aanraking kom, dit weet. Leonardo maak ʼn kommerwekkende ontdekking. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense, soos by die plaaslike winkelsentrum.
Season 1 / Episode 62 11 min

Katbosbult – Episode 63

Leonardo draai dwars en hy is in ʼn veglustige bui. Monique het sweerlik die gladste tong op die dorp. Sy word nie sommer in ʼn hoek gedruk nie. Daarvan kan sersant Johnson getuig. Iemand het genoeg gehad en lê ʼn klag.
Season 1 / Episode 63 10 min

Katbosbult – Episode 64

Raadslid Engelbrecht raak onstuimig want hy voel raadslid Celliers is besig om by die burgemeester oor te vat. Maar raadslid Celliers is onstuitbaar met haar idees en planne. Sy vang uiteindelik selfs vir Eppo onkant.
Season 1 / Episode 64 11 min

Katbosbult – Episode 65

Jasper droom van kleinsaf hoe hy eendag in sy Porsche rondry. En skielik staan daar een reg voor hom om te gebruik. Dit word die dag van ʼn leeftyd. Maar dit word ʼn dag wat hy toe nie vir die Porsche onthou nie.
Season 1 / Episode 65 11 min

Katbosbult – Episode 66

Die lang nag in Rolbos kom met groot drama tot ʼn einde. Maar soms is ʼn einde net die begin van iets groters wat nog aan die kom is. Jasper hoop die drama is klaar, maar dit draai anders uit.
Season 1 / Episode 66 11 min

Katbosbult – Episode 67

Raadslid Celliers skakel oor na die hoogste rat. Sy het die dorpenaars aan haar voete maar raadslid Engelbrecht moet inspring en haar vermaan. Leonardo is in ʼn liederlike bui. Dis tyd om bors skoon te maak. Die “poskantoorman” het meer as een inwoner aan die skarrel.
Season 1 / Episode 67 10 min

Katbosbult – Episode 68

Mens weet nooit of Monique werklik haar medemens se belange op die hart dra en of sy eintlik besig is met haar volgende fyn uitgewerkte skelmstreek nie. Sersant Johnson is bedrywig en vasberade om ʼn deurbraak te maak. Hy beleef ʼn dramatiese aand.
Season 1 / Episode 68 10 min

Katbosbult – Episode 69

Sersant Johnson weet hy sal gisteraand nie gou vergeet nie. Maar daar is altyd ʼn nuwe uitdaging wat die geduld beproef, soos hy kan getuig. Eppo word vir die soveelste maal ontbied en ʼn opdrag gegee.
Season 1 / Episode 69 10 min

Katbosbult – Episode 70

Sake loop skielik skeef vir Reggie. Monique laat nooit ʼn geleentheid verbygaan om ʼn gaping te vat as sy een sien nie. Sy het ʼn ingebore talent daarvoor. Die berugte foto’s maak weer hulle opwagting en sorg vir nuwe benoude oomblikke.
Season 1 / Episode 70 10 min

Katbosbult – Episode 71

Skielik is dit donker tye vir Reggie. Chrissie kom met ʼn vreemde versoek en sy vat nie nee vir ʼn antwoord nie. Katbosbult is geskok oor ʼn beslissing van ʼn magistraat.
Season 1 / Episode 71 10 min

Katbosbult – Episode 72

Dinge gebeur vinnig: Daar is die afgelewerde boodskap, ʼn rit biblioteek toe en die diefstal. Chaos! Leonardo is hoogs die duiwel in. Wie lieg en wie praat die waarheid? Leonardo moet vure doodslaan en in die proses word ʼn brug gebrand.
Season 1 / Episode 72 10 min

Katbosbult – Episode 73

Daar is nuwe wind in sersant Johnson se seile. Maar hy is ook meer bedagsaam en hy het duidelik vertrouelinge met wie hy gesellig, maar tog hoogs vertroulik, skinder. Hy het ʼn belangrike dorpenaar in sy visier.
Season 1 / Episode 73 10 min

Katbosbult – Episode 74

Sersant Johnson en Eppo beleef skielik moeilike tye wat hulle bloeddruk die hoogte laat in skiet. Hulle voel hulle word misbruik. En eindelik is daar ʼn naam vir Katbosbult se langverwagte dorpsfees.
Season 1 / Episode 74 11 min

Katbosbult – Episode 75

Leonardo is briesend. Die afgeskakelde kameras het ʼn lelike nadraai. Hy huiwer nie om ferm op te tree nie. Dit skok Reggie en noop haar tot optrede. Die verkeerde foto duik op die verkeerde tyd by die verkeerde plek op.
Season 1 / Episode 75 11 min

Katbosbult – Episode 76

Shirley is terug uit die buiteland en word verras deur Reggie wat haar verwelkom op Kaapstad Internasionale Lughawe met ʼn lysie verrassings. Voor hulle in Katbosbult aankom, is Shirley op datum met die belangrikste plaaslike gebeure. Eppo bel haar uit die Kaap. Hy moes dringend daarheen vir kontrakwerk wat weke…
Season 1 / Episode 76 12 min

Katbosbult – Episode 77

Shirley skop af deur ʼn opdrag van Brian Barkley uit te voer. Die vonke spat behoorlik. Sy word volledig ingelig oor die “blou koeverte”. Die terugvoer ontstel haar. ʼn Belangrike besluit word geneem.
Season 1 / Episode 77 12 min

Katbosbult – Episode 78

Sersant Johnson krap op ʼn plek waar dit nie jeuk nie, maar hy byt vas. Dit is immers ʼn opdrag van kaptein Nkosi. Hy gaan kuier met ʼn doel vir Chrissie op Halfmens. Sy besoek oortref sy stoutste verwagtinge … tot daar ʼn motor stilhou.
Season 1 / Episode 78 10 min

Katbosbult – Episode 79

Sersant Johnson is desperaat. Hy probeer soveel hulp moontlik vir sy saak bymekaarskraap. By wie klop hy om hulp aan? Reggie kry die vreemdste versoek. Die vraag op almal se lippe is wie die gesogte pos van feeskoördineerder van die dorp gaan kry.
Season 1 / Episode 79 11 min
60 – 80