Pasop vir krokodille in die Laeveld se water

Loading player...
Na raming word steeds sowat 100 krokodille vermis na hulle einde Januarie uit hul teelplaas naby Hazyview ontsnap het.
Chris Hobkirk van die Agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA) het met Sanett gesels oor die groot moontlikheid dat hulle steeds in die omgewing van Kiepersol, Hazyview, die Sandrivier, Da Gama-dam en plaasdamme in die omgewing aangetref gaan word.
Hulle is baie gevaarlik, waarsku Hobkirk, en sê dié spesifieke krokodille is gemiddeld 2,5m tot 3m lank.
Verder assossieer hulle mense met kos – en sal geneig wees om nader te kom. En, natuurlik, sien jy hom nie maklik nie.
Luister hier net hoe gevaarlik plaaslike watergate tans weens hul teenwoordigheid is.
23 Mar 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min