KOPSKUIF - Ds. JH Majiedt - Wees diensbaar ongeag moeilike tye

Loading player...
24.07.2021 - Ons almal, as landsburgers van SA het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons medemens. Ons moet onsself diensbaar stel vir ander, welke dit nou is vir morele ondersteuning, finansieel, ‘n bordjie kos of net ‘n woord van bemoediging.
Die uitdagende tye waarin ons onsself nou bevind verg ook van ons om uit die boks moet dink, maar nog steeds relevant bly en vorentoe beweeg.
Vandag gesels ek met ds. Majiedt, die predikant by die VGK kerk Okiep gemeente in Namakwaland. Ek wil graag by dominee uitvind hoe die kerk nog steeds relevant bly in die tye en sy rol wat hy speel tot die ontwikkeling van ons jeug. So bly ingeskakel op 729 AM, Radio Kaapse Kansel, want na die breek kuier ons lekker saam hier op Kopskuif.
24 Jul 2021 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Halrika Breytenbach oor haar debuutkinderboek: Gertruida Gans leer ‘n les

Op Saterdag 28 Maart gesels Halrika Breytenbach, kommunikasiekonsultant, vryskutjoernalis, skrywer en stigter van die musiekbediening, Halrika Music Ministries op Kopskuif. Halrika gesels oor haar debuutkinderboek, “Gertruida Gans leer ‘n les”, wat pas by Naledi Uitgewers verskyn het. Verder gesels sy oor haar liefde vir woorde en die opbouende krag daarvan…
28 Mar 41 min

KOPSKUIF - Dr Sonia Joubert, 'n sielkundige gesels oor die krag van denke

Dink jy ooit daaroor of jy regtig genoeg vir jouself dink? Hoekom is dit so maklik om net saam met ander se denke te gaan, en hoe ontwikkel ’n mens jou eie, onafhanklike denke? Sielkundige, dr. Sonia Joubert, gesels op Kopskuif oor die krag van denke. In hierdie insiggewende gesprek…
21 Mar 42 min

KOPSKUIF - Taal, Identiteit en Lewende Erfenis | ’n Gesprek met Beverley McKelly

In hierdie inspirerende podsendings-episode gesels die verskilmaker Beverley McKelly oor taal en identiteit. Sy deel waardevolle insigte oor lewende erfenis, kultuurruiling en die belangrikheid van gemeenskap in die bewaring van kultuur. Beverley vertel ook hoe die ATKV-tak Sommer Net Ons ’n sterk en onwrikbare baken in haar gemeenskap geword het…
28 Feb 33 min