Nellies se Skouspel Saterdag te sien

Loading player...
Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword in die Laeveld.
Dit kon verlede jaar glad nie plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie, en juis weens die pandemie is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader.
Weens beperkinge op hoeveel mense op ‘n plek mag vergader sal daar vanjaar nie ‘n gehoor wees nie. Trouens, die opvoerings is reeds afgehandel. Verfliming van Skouspel 2021 is Saterdag voltooi.
Jy het gelukkig nie die uitsending gemis nie: Dít word Saterdag regstreeks gestroom.
Christo Theron en Chevonne Sevenster vertel hoe hulle mekaar tydens verfilming ondersteun het.
18 Aug 2021 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min