NHS bied 26 Februarie interhoër aan

Loading player...
Hoërskool Nelspruit bied volgende maand die interhoër aan, na hierdie vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie plaas kon vind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie.
Op 26 Februarie sal sewe hoërskole op hul terrein deelneem.
Sowat duisend atlete sal die helfte van die toegelate 2-duisend mense beslaan, en daarna kry leerlinge van die sewe skole voorkeur vir bywoning.
Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word.
Elke atleet mag aan vier items deelneem, met twee van elke skool in elke item.
17 Jan 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Misdaadwenke deur Securicon

Callum Mac Pherson van Securicon is terug as gereelde gas op 100.5FM waar hy misdaadwenke en tendense met luisteraars deel.
10 Apr 14 min

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min