Nelspruit-fotograaf wen #GoeieGons

Loading player...
Johan Orton is aangewys as Solidariteit Helpende Hand se Fotograaf van die jaar in die Aktuele-kategorie.
Dié sportfotograaf van Nelspruit het al verskeie wêreldsportgeleenthede afgeneem - sedert 2011 het hy 37 Springboktoetse gedek, wat die Rugby Wêreldbeker-eindstryd in Japan 2019 ingesluit het.
Hy was ook by Wimbledon in 2017 en het foto's geneem by die Match of Africa tussen Rodger Federer en Rafael Nadal.
Hy het met die Ontbyt-span gesels oor dié prestasie.
20 May 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min

Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
8 Apr 16 min