Bloedbank vir honde en renosters red lewens

Loading player...
Dit was ‘n Kersdag en dr. Marita Raath was die veearts op roep, toe sy ‘n baie siek hond moes help wat bloed nodig gehad het.
“Dit was baie moeilik om ‘n geskikte skenker vinnig by die praktyk te kry, en die hond het baie dringend bloed nodig gehad,” sê sy.
Daar het sy besef hoeveel makliker dit sou wees as veeartse hondbloed in hul yskaste kon hou vir noodgevalle. So is die Lowveld Blood Bank gebore.
Hulle samel ook renosterbloed in, wanneer ‘n renoster in die veld gepyl word vir welke rede, vir gebruik deur Care for Wild se renosterwesies. Sy het vir Mireille vertel hoe werk dit.
1 Jun 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min

Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
8 Apr 16 min