
#41 Operasie Umbra – Episode 41
Loading player...
Agent Roux Koekemoer is op die oorlogspad ná die aanslag op Janine Koekemoer se lewe: “Die vuilgoed het iemand gestuur om haar van die gras af te maak.” Singapoer bly ʼn lelike kopseer omdat die agente nie weet wat alles daar gebeur het met Robert Rothman se drie besoeke aan die land in ses maande nie. Roux kry ʼn buitegewone versoek.

