
#68 Operasie Umbra – Episode 68
Loading player...
Agent Roux Koekemoer is heel in sy skik en spog by direkteur Frans Ludik oor sy sessie met Francis Gerwel: “Sy het eers rooi en toe spierwit geword. Sy het nie gedink Intelligensie hou haar so fyn dop nie.” Maar dit bring die agente nie nader aan hulle kopseer oor waar die verrykte uraan versteek is nie.

