All Black-toets moet 'n sukses wees

Loading player...
Die afwagting bou op voor die All Blacks op 6 Augustus by Mbombela-stadion teen die Springbokke uitdraf.
George Stainton, die kommersiële bestuurder van die Pumas, sê die direkte ekonomiese impak op die area word beraam in die omgewing van R200 miljoen. Boonop bied dit ‘n groot bemarkingsgeleentheid.
Om dit ‘n sukses te maak, en in die toekoms dalk weer die geleentheid te kry om sulke groot rugbytoetse aan te bied, beplan hulle om die dag sowat 25 000 mense met parkeer- en ry busse te vervoer.
Hy het vanoggend met Gerhardt en Andri gesels tydens Sonop-ontbyt.
22 Jul 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min

Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
8 Apr 16 min