#103  Operasie Umbra – Episode 103

Loading player...
Die soektog na Janine Koekemoer word op die spits gedryf. Die ambulans loei deur die dorp se strate. Matrone Gerda Bruinders se dienste is sterk in aanvraag. Suzie Storm is nie die enigste vrou op die dorp wat soek is nie.
Season 1 / Episode 103 14 Sep 2022 Afrikaans South Africa Drama

Other recent episodes

Operasie Umbra – Episode 2

Ten einde uit sy penarie te kom dink agent Roux Koekemoer op sy voete. Die ontslape Victor Gerwel se weduwee, Francis, skep nie die indruk van ʼn vrou in rou nie. Dis of haar kop met buitengewone sake bedrywig is: “Ek lees sommer op oor Suid-Afrika se kernwapens uit die…
Season 1 / Episode 2 7 min

Operasie Umbra – Episode 6

Professor Herman Saunders bly diep onder bespreking: “Ek kan maar vir jou sê die professor het sy spogwoning in Pretoria verkoop. Ons weet nie waar hy deesdae tuisgaan nie. Dis of hy swerf.” Die naam van die Irannees Parviz Janati duik op. En dan word ʼn selfoon gesteel.
Season 1 / Episode 6 8 min

Operasie Umbra – Episode 5

Francis Gerwel is skynbaar heel onskuldig op soek na die kernbomkundige professor Herman Saunders: “Ek wil net kuier.” Stewig op ʼn missie besoek sy die Gansvlei ouetehuis: “Ek besit die enigste ordentlike supermark op die dorp. Vars groente is ons spesialiteit.” Wat probeer sy regkry? Matrone Gerda Bruinders kry ʼn…
Season 1 / Episode 5 7 min

Operasie Umbra – Episode 3

Gansvlei se uitgeslape sakevrou speel so af en toe vuil om haar doelwitte te bereik. Sy het haar mes in vir Malan van Wyk, voorsitter van Gansvlei Koöperasie. Wie konfronteer sy met die woorde: “Jy weet van die vakature op die direksie. Maar weet jy van die speletjies wat Malan…
Season 1 / Episode 3 7 min

Operasie Umbra – Episode 4

Malan van Wyk is ook die voorsitter van die Van Blerck Trust waaruit Gansvlei Ouetehuis gefinansier word. Hy besoek die ouetehuis, ontmoet die nuwe matrone en druk sy stempel deeglik op die verloop van sake af. Nie dat hy oral gewild is nie: “My pa en my oupa draai in…
Season 1 / Episode 4 7 min