Komati afgesluit, maar nuwe lewe kom

Loading player...
Die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Middelburg het gister die einde van sy bedryfslewe bereik het en is om 12:00 afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hul bedryfsleeftyd, wat ‘n wetlike vereiste is.
Die kragvoorsiener sê die sluiting van die aanleg sal nie ‘n noemenswaardige impak op die nasionale elektrisiteitsnetwerk hê nie, omdat dit slegs 121MW gelewer het.
Die meerderheid van Komati-werknemers is na ander kragstasies oorgeplaas.
Diegene wat oorbly sal betrokke wees by groen energieopwekking: 150MW sonkrag, 70MW wind en 150MW batterye as deel van Eskom se oorgangstrategie vir billike energie (JET).
Dit het ten doel om volhoubaar na laer-koolstof-tegnologie oor te skakel, sonder om werksgeleenthede tot niet te laat gaan en ‘n opleidingsfasiliteit word ontwikkel om werkers se vaardighede op te skerp vir dié aanpassing.
Volgens Mantshantsha is die Komati vernuwingprojek een van die grootste ter wêreld.
1 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Paasnaweek in die wildtuin: Drama, boetes en gelukkige besoekers

SANParke sê die probleem van besoekers wat tydens wildritte in die Krugerwildtuin uit hul voertuie klim neem toe. Die afgelope Paasnaweek is ‘n man met 2-duisend-500-Rand beboet na hy by ‘n leeubesigting naby Krokodilbrug uit sy voertuig geklim het. In video-materiaal wat op sosiale media versprei is maak hy beledigende…
8 Apr 9 min

Harcourts: Kry jou sake agtermekaar. Regtig

Dit is baie belangrik om jou dokumentasie in plek te hê vir in geval, sê Glynis Davies van Harcourts. "Dit veroorsaak soveel pyn en selfs 'n bakleiery as jy sterf en jy het nie 'n testament of eksekuteur nie."
8 Apr 16 min