Agri-uur: 18 Januarie, Elmarie Prinsloo

Loading player...
Vele landboukampioenskappe is weer aan die orde van die dag op vanjaar se Bloemskou. Dié skou vier vanjaar 'n mylpaal van 140 jaar in die skoubedryf. Die hoof uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê beplanning is reeds volstoom aan die gang ná ‘n suksesvolle skou verlede jaar, wat ten spyte van uitdagings en Covid-19 regulasies goed verloop het. Die skou vind vanjaar vanaf 27 April tot 6 Mei plaas.
18 Jan 2023 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Die wet op diere-identifikasie en die uitvoering daarvan, is kompleks en duur Ep 2

In deel 2 van die fokus op "die boer en die reg", bespreek Professor Andries Raath, die wet op diere-identifikasie, die kostes daarvan en die poging om 3 stelsels in diere-identifikasie saam te stel. Die belangrikste vraag wat altyd gevra moet word is: bevorder dit winsgewendheid in die rooivleisbedryf, volhoubaarheid…
10 Nov 10PM 5 min

Die voorgestelde wet op diereverbetering maak produsente bekommerd Ep 1

Dis Woensdag en tyd vir "Die boer en die reg" program, wat voortaan Woensdae-oggende sal fokus op regskwessies en landbouers. Die program skop af met Isabel van Tonder en Professor Andries Raath wat in deel 1 van die gesprek meer inligting deel oor die wet op diereverbetering, wat onlangs vrygestel…
10 Nov 10PM 5 min