Rapport Praat Sport | Hendrik Cronjé oor 7/1-bank: Kwagga oefen vir seker in agterlyn

Loading player...
Jacques Nienaber en Rassie Erasmus het die rugbywêreld Dinsdagaand geskok met die insluiting van sewe voorspelers en net een agterspeler op hul plaasvervangersbank vir die Wêreldbeker-toets teen Ierland Saterdag in Parys. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden ontleed dié taktiek, en bespreek ook redes vir die weglating van Willie le Roux en Duane Vermeulen.
20 Sep 2023 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’

Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug…
20 May 19 min

Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’

Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die…
13 May 27 min

Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt

Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen…
6 May 24 min

Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’

Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport…
22 Apr 21 min