Dinsdag Oggenddiens - Past Buks van Staden

Loading player...
PSALMS 107
Let op die Here se dade van trou
1“Loof die Here, want Hy is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie!”
2So moet die mense sê wat deur die Here bevry is,
dié wat Hy uit hulle nood bevry het
3en uit baie lande versamel het,
uit die ooste en die weste,
die noorde en die suide.
4Party was verdwaal in die woestyn, in 'n barre wêreld,
en kon die pad na 'n bewoonde stad nie kry nie.
5Hulle was honger en dors,
hulle was uitgeput,
6maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp
en Hy het hulle gered uit hulle ellende.
7Hy het hulle op die regte pad gebring
en by 'n bewoonde stad laat uitkom.
8Hulle moet die Here loof vir sy troue liefde,
vir sy wonderdade wat Hy aan mense doen.
9Hy het die dors geles van dié wat versmag het,
Hy het die goeie in oorvloed gegee
aan dié wat honger gely het.
10Party het in die donker gesit, in diep duisternis,
hulle was gevangenes, in ellende en in boeie,
11want hulle het hulle verset teen die bevele van God,
hulle het die leiding van die Allerhoogste in die wind geslaan.
10 Oct 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JOHANNES 4 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,…
9 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min