Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
PREDIKER 9
Doen wat jou hand vind om te doen
1Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind:
God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie.
2Een en dieselfde lot tref almal:
die regverdige en die goddelose,
die goeie, die reine en die onreine,
die een wat offer en die een wat nie offer nie.
Soos dit met die goeie gaan, so gaan dit met die sondaar,
soos dit gaan met die een wat 'n eed aflê,
so gaan dit met hom wat weier om 'n eed af te lê.
3Die ellende met alles wat in hierdie wêreld gebeur, is dat dieselfde lot almal tref. Die hart van die mens is vol boosheid; die dwaasheid bly hom sy lewe lank by, en sy einde is die dood.
4Solank jy onder die lewendes is, het jy hoop.
'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is.
5Dié wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks;
daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet;
6dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartstog.
Hulle sal nooit weer deel hê aan wat in hierdie wêreld gebeur nie.
7Eet dus jou brood met vreugde,
drink jou wyn met 'n bly gemoed;
God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen.
8Dra altyd wit klere,
versorg jou hare met olie.
9Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet,
dié lewe wat tot niks kom nie,
maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het,
die hele lewe wat tot niks kom nie.
Dit is wat jou toekom in die lewe,
wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.
10Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen,
want in die doderyk waarheen jy op pad is,
is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.
7 Jan 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JOHANNES 4 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,…
9 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min