Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
JEREMIA 31
1Daardie tyd, sê die Here,
sal Ek die God van al die stamme van Israel wees,
en hulle sal my volk wees.
2So sê die Here:
Israel, die volk wat aan die swaard ontkom het,
is begenadig in die woestyn,
hy sal na sy rusplek toe kom.
3Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak:
Ek het jou nog altyd liefgehad,
daarom het Ek jou met geduld verdra.
4Ek sal aan jou kinders gee, Israel,
jy sal kinders in die wêreld bring.
Jy sal weer jou tamboeryne dra,
jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.
5Jy sal weer wingerde plant op die Samariaberge,
die boere sal dit plant en die vrugte daarvan geniet.
6Die dag het aangebreek,
die dag waarop dié wat wag staan,
op die Efraimsberge sal roep:
“Kom ons gaan na Sion toe,
na die Here ons God toe.”
1 Dec 2023 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JOHANNES 4 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,…
9 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min