GELOFTEDAG - Saterdagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
PSALMS 78
Sodat die volgende geslag dit kan weet
1'n Gedig van Asaf.
Luister na wat ek jou leer, my volk,
luister aandagtig na wat ek sê.
2Ek gaan 'n gedig voordra,
ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede.
3Wat ons gehoor het en wat ons weet,
wat ons vaders ons vertel het,
4sal ons vir ons kinders nie verswyg nie.
Ons sal aan die volgende geslag vertel
van die roemryke dade van die Here en van sy mag,
van die wonderdade wat Hy gedoen het.
5Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee,
aan Israel sy onderwysing.
Hy het ons voorvaders beveel
om dit aan hulle kinders bekend te maak,
6sodat die volgende geslag dit kan weet
en die kinders wat nog gebore sal word,
dit weer aan húlle kinders kan vertel.
7So sal hulle dan op God vertrou
en nie vergeet wat Hy gedoen het nie,
maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het
8en nie wees soos die voorvaders nie.
Dié was 'n opstandige en ongehoorsame volk,
'n onbestendige geslag wat nie aan God getrou was nie.
16 Dec 2023 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JOHANNES 4 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,…
9 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min