Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
1 KORINTIËRS 15.

Die opstanding van die dooies
12As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? 13As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. 14En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. 15Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie. 16As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. 18Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. 19As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.
20Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het.
1 Apr 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JOHANNES 4 10Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” 11Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer,…
9 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min