Innibos 2024: Wenresep met al die regte bestandele op een plek

Loading player...
Innibos is al 20 jaar oud en jaarliks bied dit feesgangers iets nuut. Dit vind van 27 tot 30 Junie in Mbombela plaas. Stadig maar seker word al die bestanddele bymekaar gekry vir ’n feestelike Wenresep van toneel, musiek, kuns en boeke. Sandra Jacobs sê die een ding wat vanjaar verander is dat daar nie vanjaar 'n Goue Sirkel is nie, maar jy kan kuiertafels bespreek. Sy deel wat die uitdagings daarmee is.
23 Apr 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Jakkie Louw op pad na Innibos

Jakkie Louw sien uit na Innibos. Sy jongste enkelsnit klink soos Roxette, maar hy word eers oor 'n maand vrygestel.
3 Apr 18 min

Witrivier-naamsverandering ons Aprilgekgrappie

Daar tans geen planne is om Witrivier se naam na Vundzile te verander nie. Die voorgestelde naamsverandering waaroor ons vroeër berig het was ons Aprilgekgrap. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel.
1 Apr 3 min

Onoorwonne Pumas marsjeer voort in SA Beker

Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee.
1 Apr 7 min

CMDA skort bedrywighede op

Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het besluit om alle bedrywighede van vandag af op te skort. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane gesels met ons.
31 Mar 10 min