Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

Loading player...
PSALMS 116
Ek het die Here lief
1Ek het die Here lief,
want Hy verhoor my smeekgebede.
2Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.
3Bande van die dood het my omsluit,
doodsangs het my aangegryp,
ek het benoud en bekommerd geword.
4Toe het ek die Naam van die Here aangeroep:
“Here, red my tog!”
5Die Here is genadig en regverdig,
ons God ontferm Hom oor ons.
6Die Here beskerm die hulpeloses:
ek was magteloos, maar Hy het my gered.
7Ek moet nou tot rus kom,
die Here het goed aan my gedoen:
8U het my van die dood gered,
U het 'n einde gemaak aan my trane,
U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.
9Ek kon voor die Here bly wandel
in die land van die lewendes.
10Ek het in U bly glo,
selfs toe ek gedink het dit is klaar met my
11en toe ek in my vertwyfeling besef het:
ek kan op geen mens staatmaak nie.
13 May 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min