Erediens - 09 Junie 2024

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Mar. 9:42-50
Tema: Die Jaar van Jesus: Inklusiwiteit - God se inklusiwiteit begin in jouself.

Ons praat vandag oor God se inklusiwiteit en hoe Hy elkeen roep om 'n lewe van heiligheid te lei, ongeag hul status of omstandighede. Jesus het mure afgebreek en mense ingelaat, al was hulle anders as Hy, en in Markus 9 vra Hy dat ons dit ook doen. Inklusiwiteit begin nie in die kerk of buite die kerk nie, en dit begin nie by ander mense nie. Inklusiwiteit begin by elkeen van ons. Ons word geroep om sout te wees-om skoon te maak, geur te gee en te genees deur in vrede met mekaar te leef, sodat ons 'n positiewe invloed in die wêreld kan hê en almal kan insuit in die koninkryk van God.
9 Jun 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Opstandingsondag - 05 April 2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
5 Apr 21 min

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min