Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
GENESIS 15
Die Here sluit 'n verbond met Abram
1Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom:
“Moenie bang wees nie, Abram,
Ek beskerm jou!
Jou beloning sal baie groot wees.”
2Toe sê Abram: “Here my God, wat kan U vir my gee? Ek sal kinderloos sterf, en Eliëser die man uit Damaskus sal my besittings kry.”
3Abram het verder gesê: “U het nie vir my 'n nageslag gegee nie. 'n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees.”
4Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: “Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees.”
5Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.”
6Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het.
7Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”
8Maar Abram vra: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?”
28 Jul 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min