Sondagaand Erediens - Johannes de Waal

Loading player...
PSALMS 88
Laat my gebed nie tevergeefs wees nie
1'n Lied. 'n Psalm van die Koragiete. Vir die koorleier: met fluitspel. 'n Gedig van Heman die Esragiet.
2Here my God wat my altyd help,
ek roep elke dag om hulp,
elke nag bid ek tot U.
3Laat my gebed nie tevergeefs wees nie,
hoor my geroep.
4Die swaarkry het vir my te veel geword:
ek vat al aan die doderyk,
5ek staan al met die een voet in die graf,
ek het geen krag meer nie.
6Dit is asof ek al tussen die dooies is,
tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê,
dié aan wie U nie meer dink nie
en van wie U u hand teruggetrek het.
7U het my onder in die put laat beland,
in diepe duisternis.
8U gramskap rus swaar op my,
U laat al u golwe oor my breek.
Sela
9U laat my bekendes ver van my af staan
en maak my vir hulle iets afskuweliks;
ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.
10My oë is al dof van ellende;
die hele dag deur roep ek na U, Here,
en steek ek my hande in gebed na U uit.
11Sal U met dooies 'n wonder laat gebeur?
Kan gestorwenes opstaan en U loof?
4 Aug 2024 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min