Vrydag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
DIE OPENBARING 4

6Voor die troon was dit soos 'n spieëlgladde see, helder soos kristal.
Naby, rondom die troon, was daar vier lewende wesens, vol oë van voor en van agter. 7Die eerste lewende wese het soos 'n leeu gelyk en die tweede soos 'n bul; die derde het 'n gesig soos dié van 'n mens gehad en die vierde het gelyk soos 'n arend wat vlieg. 8Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God, die Almagtige,
Hy wat was en wat is en wat kom.”
9Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe, 10kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê:
11“Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het;
deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.”
9 Aug 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min