Ons het ‘n oordenking wat elke week tematies “God en Finansies” dek. Dit is aangebied deur Wynand du Preez en vandag gesels hy oor die tema: “Hoe om tiende te gee” uit Gen 28
Ons skop die program Omstreeks 16:20 af met 'n vergrootglas op huwelike. Deon en Karen du Toit van Huweliksfokus is huweliksaktiviste, en vandag praat hulle oor die tema: “Tweede liefde(Phileo) waarop die huwelik staan.”
Ds Janlu Kuyler (Dominee van NG Robertson) is weekliks aan die beurt met elke dag waarhede uit die Woord. Vandag se gesprek gaan oor hoe toe Paulus en Barnabas paaie geskei het in Handelinge 15.
Johann Els gesels met Deon Grobler langs die pad. Hy en sy pelle het 26 Maart weggespring van Lephalale na Gouritzmond toe, 1600km per fiets, om ‘n splinternuwe Kinderkerk te kan oprig by AGS El Bet-el gemeente in Lephalale.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.