Sondagaand Erediens - Ds Johan Marais

Loading player...
JOËL 2

Kom terug na My toe!
12Maar nou sê die Here:
Kom met julle hele hart terug na My toe,
vas, huil en treur!
13Skeur julle harte, nie julle klere nie.
Kom terug na die Here julle God toe:
Hy is genadig en barmhartig;
Hy is lankmoedig en vol liefde.
Hy is bereid om straf te herroep.
14Wie weet of Hy nie die straf sal herroep nie;
of Hy nie weer voorspoed sal gee nie
sodat daar weer graan- en drankoffers sal wees
vir die Here julle God!
15Blaas die ramshoring in Sion,
bepaal 'n dag om te vas,
roep die gemeente bymekaar.
16Roep die volk op,
reinig die gemeente,
laat die leiers bymekaarkom,
bring die kinders bymekaar,
selfs dié wat nog drink.
Die bruidegom moet uit sy kamer uitkom,
die bruid uit haar wittebroodskamer.
17Die priesters wat in die diens van die Here staan,
moet tussen die voorportaal en die altaar gaan staan en huil,
hulle moet sê:
“Betoon medelye met u volk, Here,
moenie die volk wat aan U behoort, tot 'n bespotting maak,
sodat die nasies met hulle sal spot nie.
Waarom moet daar onder die volke gevra word:
Waar is Israel se God?”
8 Sep 2024 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min