Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
GENESIS 41
Josef lê die farao se drome uit
1Twee jaar later het die farao 'n droom gehad. Hy het gedroom hy staan langs die Nyl. 2Uit die rivier kom daar toe sewe mooi vet koeie uit en hulle gaan wei in die vleigras. 3Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer en het langs die ander koeie op die rivierwal gaan staan. 4Toe vreet die lelike maer koeie die sewe mooi vettes op.
Daarna het die farao wakker geskrik.
5Hy het weer aan die slaap geraak en weer gedroom. Hy het gesien hoe sewe mooi vol are opskiet aan een stingel. 6Ná hulle kom daar toe sewe skraal are uit wat verskroei is deur die oostewind. 7Die skraal are sluk toe die sewe vol vet are in. Daarna het die farao wakker geskrik, en hy het besef hy het gedroom.
12 Sep 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min