Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

Loading player...
ROMEINE 3

Niemand is regverdig nie
9Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sonde is. 10Daar staan immers geskrywe:
“Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie,
11daar is nie een wat verstandig is nie;
daar is nie een wat na die wil van God vra nie.
12“Almal het afgedwaal,
almal het ontaard.
Daar is nie een wat goed doen nie,
selfs nie een nie.
13“Hulle keel is 'n oop graf,
met hulle tonge bedrieg hulle.
Oor hulle lippe kom woorde so giftig soos slange,
14hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
15“Hulle voete is vinnig om bloed te vergiet.
16Hulle laat 'n spoor van verwoesting en ellende agter.
17Die pad van vrede het hulle nie leer ken nie,
18ontsag vir God het hulle nie. ”
19Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. 20Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is.
22 Sep 2024 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min