Danielle Retief vlieg hoog op Banana Air!

Loading player...
Barbie Benadie (Danielle Retief) is ’n lugwaardin wat altyd op die uitkyk is vir ’n lekker tyd en ’n partytjiebestemming. ’n Laekoste-lugredery met ’n span eksentrieke lugwaardinne, twee vlieëniers, ’n senuweewrak van ’n bestuurder en sy persoonlike assistent wat hulself altyd in gekke situasies laat beland kan net een ding beteken – ’n plesiervlug met hope vermaak en skreeusnaakse oomblikke.Banana Air begin op 30 September 2024 om 20:00 net op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.
2 Oct 2024 12PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Bonné de Bod: "Elke episode is 'n herinnering aan hoekom ons moet omgee"

Van haaie in die Karibiese See tot leeus in die Krugerwildtuin. In die nuwe seisoen van Bewonder & Bewaar (vanaf 19 April 2026, 20:00 op kykNET) neem die bekroonde aanbieder Bonné de Bod kykers op 'n onvergeetlike reis na die wêreld se mees afgeleë wildernisgebiede. In hierdie geselskap vertel sy…
20 May 1PM 13 min

Hazel se geheim ontplof op Skemergrond — Carmen Maarman vertel alles

Haar storielyn is nou witwarm! Hazel het 'n geheim uitgehou wat haar lewe op 'n wenkbrou kan laat kantel — en Christine het dit op die lappe gebring. In dié gesprek gesels ons met die talentvolle Carmen Maarman oor die druk op haar karakter, die affair met Fabian, en wat…
13 May 1PM 8 min

Van Karoo-stilte tot Japanse neon: ’n wêreld van kontraste op Leef Jou Reis

In hierdie splinternuwe seisoen neem Gerrie Pretorius kykers op ’n sielryke reis deur die uiterstes van die aardbol van die historiese mysteries van Roemenië en Transilvanië, deur die kulinêre en spirituele dieptes van Japan, na die prag van Noorweë en terug na die hartjie van die Karoo. Dit is nie…
8 Apr 1PM 9 min