Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

Loading player...
KOLOSSENSE 3

Vermaning tot heiligmaking en broederlike liefde.
1 AS julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
2Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
3Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
6 waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
7waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
8Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
10en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
26 Oct 2024 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min