Donderdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
I SAMUEL 17

31Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en dit voor Saul meedeel, het dié hom laat haal.
32En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.
33Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is 'n seun, en hy is 'n krygsman van sy jeug af.
34Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy vader die kleinvee opgepas, en as daar 'n leeu of 'n beer kom en 'n stuk kleinvee uit die trop wegdra,
35dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en verslaan hom en maak hom dood.
36U dienaar het die leeu sowel as die beer doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende God uitgedaag het.
37Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!
21 Nov 2024 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JEREMIA 2 13My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap, waterbakke wat gebars is en nie water hou nie.
8 Apr 2AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min