Die Helen Bishop tehuis vir gestremdes maak staat op Kimberley se ondersteuning

Loading player...
Helen Bishop Ortopediese Nasorgtehuis is 'n residensiële sentrum wat sorg, stimulasie en fisioterapie aan 60 kinders en volwassenes van die Noord-Kaap bied. Baie kinders word hier geplaas deur maatskaplike werkers en die howe weens verwaarlosing, mishandeling en verlating en bly uiteindelik tot in volwassenheid by die tehuis as gevolg van 'n gebrek aan toepaslike alternatiewe plasing. Weens 'n befondsingstekort benodig die Helen Bishop tehuis bystand van die publiek om lopende kostes te help dek. Bestuurder van die tehuis, Chrissie Damons gesels met Yolanda Maartens in die OFM Family Focus oor hulle behoeftes en haar betrokkenheid oor die laaste 30 jaar.
26 Nov 2024 1AM English South Africa Kids & Family · Education

Other recent episodes

Duisende mense trek voordeel uit KANSA se dienste volgens jongste impakverslag

Sonja Nel Operasionele Bestuurder KANSA sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor die ongelooflike werk wat KANSA regoor die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap doen. KANSA se jongste impakverslag wys hoe duisende mense deur bewusmaking, kankersifting en ondersteuning bereik word. Vir meer inligting besoek kansa.org.za
12 Nov 4AM 8 min

Diabetes Week 2026: Living with Diabetes - care and support

Margot McCumisky from Diabetes South Africa joins Yolanda Maartens again to discuss the daily management of diabetes. This includes medication, insulin, blood glucose monitoring, healthy nutrition and physical activity. The conversation also explores the challenges surrounding access to treatment and medical care in South Africa, as well as how family…
5 Nov 5AM 11 min

Diabetes Week 2026: Diabetes in Suid-Afrika – ’n groeiende uitdaging

Hoe groot is die diabetesprobleem werklik in Suid-Afrika, en waarom word soveel mense steeds nie gediagnoseer nie? Dr du Toit en Yolanda Maartens kyk na die uitdagings rondom bewustheid en toegang tot sifting, asook die belangrike rol wat skole en gemeenskappe kan speel om gesonde leefstylkeuses en voorkoming van jongs…
5 Nov 4AM 5 min

Diabetes Week 2026: Vroeë optrede – sifting, diagnose en voorkoming

Wanneer dit by diabetes kom, kan vroeë optrede ’n groot verskil maak. Dr du Toit beklemtoon in haar gesprek met Yolanda Maartens, die belangrikheid van gereelde sifting en vroeë diagnose, en verduidelik hoe onbehandelde of swak beheerde diabetes tot ernstige komplikasies, soos skade aan die hart, niere, oë en senuwees,…
5 Nov 4AM 3 min

Diabetes Week 2026: Verstaan diabetes – tipes, simptome en risikofaktore

Dr Elmine du Toit, dosent by die Universiteit van die Vrystaat se Departement Voeding en Dieetkunde, gesels met Yolanda Maartens en verduidelik die verskillende tipes diabetes en hoe dit van mekaar verskil. Sy bespreek ook algemene simptome en risikofaktore, asook waarom dit belangrik is om die tekens betyds te herken.
5 Nov 4AM 5 min