KOPSKUIF - Geselskap met Mary Berg, 2024 Opvoeder van die Jaar

Loading player...
Luister na 'n inspirerende gesprek met Juffrou Mary Berg, 'n passievolle opvoeder van ParkDene Primêre Skool in Kraaifontein, wat in 2024 as WOW-Opvoeder van die Jaar aangewys is. Met 'n loopbaan van 30 jaar in onderwys, deel Mary haar onblusbare energie, toewyding en liefde vir die nurrering van jong gedagtes. Sy praat oor die vreugdes en uitdagings van onderrig, hoe sy leerders en kollegas inspireer om wêrelde buite hul eie grense te ontdek, en die verskil wat sy in haar leerders se lewens maak.

Mary Berg se storie is een van passie, volharding en diep omgee vir die onderwys en die gemeenskap. In hierdie episode deel sy waardevolle insigte oor die belangrikheid van onderwys, gemeenskapsbetrokkenheid, en die dinge wat haar elke dag dryf om 'n positiewe impak te hê.
1 Feb 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kopskuif met Edwina Solomons: Hoe Kreatiewe Afrikaans-onderrig Jongmense Bemagtig

In hierdie inspirerende episode van Kopskuif gesels Meursha Eksteen met Edwina Solomons oor haar passie vir Afrikaans-onderrig en die impak van kreatiewe leer in diverse klaskamers. Edwina deel hoe sy tegnologie, kultuur en meertaligheid gebruik om Afrikaans toeganklik en relevant te maak vir elke leerder. Die gesprek fokus op bemagtiging,…
16 May 36 min

7 soorte rus – meer as net slaa

In hierdie insiggewende gesprek op die program "Kopskuif" verduidelik arbeidsterapeute Elisa Duplessis en Melissa Skoeman (Mondia Corporate Care, Bloemfontein) dat rus veel meer is as net slaap. Hulle bespreek die 7 tipes rus volgens Dr. Saundra Dalton-Smith: fisiese, kognitiewe, sensoriese, kreatiewe, emosionele, sosiale en spirituele rus. Hulle wys dat jy…
9 May 48 min

Kopskuif: 4 April 2026

Carina van Wyk, stigter en eienaar van NetSavvy, gesels op 4 April op Kopskuif oor aanlyn veiligheid. Skakel in om praktiese raad en wenke te hoor oor hoe jy jouself aanlyn kan beskerm. Carina gesels oor die waarskuwingstekens waarna gebruikers moet oplet wanneer hulle aanlyn is, asook die belangrikheid van…
4 Apr 43 min