Erediens - 09 Maart 2025

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Deuteronomium 26:1-11
Tema: Wat was, wat is en wat kom!

Met die eerste week van Lydenstyd dink ons spesifiek aan die verlede, aan Jesus, en die verlossing wat Hy bewerkstellig het. Ons word herinner aan die dankbaarheid wat ons teenoor Hom voel.

Ons bevind ons tans in ’n dankseisoen in die gemeente, en Nadia sal meer inligting hieroor deel tydens die aankondigings in die diens.

In Deuteronomium hoor ons van dankoffers en oesoffers – en al doen ons dit nie meer op presies dieselfde manier as die Israeliete nie, leer ons steeds uit hulle getroue offers van danksegging aan God vir die verlede, hede en toekoms. Ons leer ook oor volslae vertroue in God.

Ons altare is dalk nie meer van klip nie, maar ons kan steeds ons offers voor God bring. Hoe lyk ons altare en offers vandag?
9 Mar 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Opstandingsondag - 05 April 2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
5 Apr 21 min

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min