Erediens - 06 April 2025

Loading player...
Prediker: Nadia Muller
Teks: Jesaja 43:19
Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?”

Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te bepaal waarheen jy oppad is nie.

Te dikwels hou ons aan die verlede vas op ’n manier wat ons verhinder om God se nuwe drome vir ons lewe raak te sien. Ons verlang na wat was, of ons bly vasgevang in pyn, skuld of gemiste geleenthede.

Maar God roep ons om opnuut te kyk. Hy is besig om iets nuuts te doen. Selfs al is dit nog nie duidelik nie – dit is besig om te groei.

Ons word uitgenooi om ons verlede te eer, maar nie daarin vas te bly nie. Om met hoop en vertroue vorentoe te beweeg na die toekoms waaroor God vir ons droom. ’n Toekoms van lewe, van nuwe begin, van heling en hoop.

Mag jy dit raaksien. Mag jy dit waag om saam met God vorentoe te beweeg.
6 Apr 2025 Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Opstandingsondag - 05 April 2026

Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees:…
5 Apr 21 min

Goeie Vrydag - 03 April 2026

Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie,…
3 Apr 23 min

Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers…
22 Mar 25 min

Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit…
15 Mar 26 min

Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026)

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe…
8 Mar 26 min