Sondagaand Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
I KORINTHIËRS 15
Die opstanding.
1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,
2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.
3Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
4en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;
5en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf.
6Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het.
7Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels;
8en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
9Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het.
10Maar deur die genade van God is ek wat ek is, en sy genade aan my was nie tevergeefs nie; maar ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is.
11Of dit nou ek of hulle is, so preek ons en so het julle geglo.
20 Apr 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

JESAJA 12 2God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” 3Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
7 Apr 2AM 11 min