Begrip van boedelsamesmelting

Loading player...
Boedelsamesmelting vind plaas wanneer twee persone – gewoonlik ’n getroude paartjie, maar nie noodwendig nie – saam ’n testament opstel waarin hulle hul bates kombineer en gemeenskaplik beskik oor wat met hul boedel moet gebeur ná hul afsterwe. Dit is ’n belangrike aspek van boedelbeplanning wat spesifieke regsimplikasies het. Op die OFM Business Hour vanavond gesels ons met André van Niekerk, Hoof van Boedelbeplanning en -administrasie by PH Prokureurs, om dit beter te verstaan.
23 Apr 2025 2PM English South Africa Business · Daily News

Other recent episodes