Pumas klop Griekwas om SA Beker-kroon

Loading player...
Die Airlink Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle die Griekwas Saterdag in die eindstryd van die toernooi by Mbombela-stadion geklop het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het in die sewende minuut ‘n rooikaart ontvang ná 'n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars 'n minuut later 'n doel aangeteken, wat Griekwas vir die res van die wedstryd op die agtervoet gehou het. Die Pumas het rustyd met 19-7 voorgeloop en die wedstryd met 'n oortuigende 39-14 beklink. Clinton Swart, Kaptein Ruwald van der Merwe en Jacques Goosen praat met Sonop Ontbyt.
27 May 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Jakkie Louw op pad na Innibos

Jakkie Louw sien uit na Innibos. Sy jongste enkelsnit klink soos Roxette, maar hy word eers oor 'n maand vrygestel.
3 Apr 18 min

Witrivier-naamsverandering ons Aprilgekgrappie

Daar tans geen planne is om Witrivier se naam na Vundzile te verander nie. Die voorgestelde naamsverandering waaroor ons vroeër berig het was ons Aprilgekgrap. Linda Grimbeek van die KLCBT vertel.
1 Apr 3 min

Onoorwonne Pumas marsjeer voort in SA Beker

Na die vierde ronde van die SA Beker die naweek lê die verdedigende kampioene, die Pumas, derde op die punteleer. Hulle het die Valke Sondag met 42-36 geklop. Hulle speel weer op 11 April. Darnell Osuagwu en Gustav Du Rand kuier in die ateljee.
1 Apr 7 min

CMDA skort bedrywighede op

Die Raad van die Casterbridge Music Development Academy (CMDA) het besluit om alle bedrywighede van vandag af op te skort. Die fokus verskuif nou na intensiewe fondsinsameling en hulpbronmobilisering om die nodige befondsing te verseker om bedrywighede te hervat. Thapelo Lekwane gesels met ons.
31 Mar 10 min

InPowered: Reëls gee jou beter kans in misdaad situasie

Mense doen dikwels simpel dinge wat hul risikoprofiel verhoog, want hulle weet nie van beter nie. Mark Grobbelaar, die stigter en uitvoerende beampte van InPowered, sê 'n paar eenvoudige reëls kan jou en jou naastes se blootstelling aan geweldadige misdadigers verlaag. Hy kuier in die ateljee saam met Lauren Barnard…
30 Mar 14 min