KOPSKUIF - Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, dekade van baanbrekerswerk

Loading player...
Marlie Coetzee, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, (VivA) gesels oor hulle dekade van baanbrekerswerk.  Alhoewel dit aanvanklik net ʼn navorsingsprojek sou wees wat oor vyf jaar strek, het die waarde daarvan gou geblyk en tans is VivA totaal onmisbaar. Dit fokus veral op die drie hooffunksies: die beskrywing en bestudering van Afrikaans, die ontwikkeling van omvattende digitale en ander hulpbronne, hulpmiddels en platforms vir gesproke en geskrewe Afrikaans en dan die lewering van praktiese Afrikaanse taaldienste deur middel van tegnologie.
12 Jul 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Kopskuif met Edwina Solomons: Hoe Kreatiewe Afrikaans-onderrig Jongmense Bemagtig

In hierdie inspirerende episode van Kopskuif gesels Meursha Eksteen met Edwina Solomons oor haar passie vir Afrikaans-onderrig en die impak van kreatiewe leer in diverse klaskamers. Edwina deel hoe sy tegnologie, kultuur en meertaligheid gebruik om Afrikaans toeganklik en relevant te maak vir elke leerder. Die gesprek fokus op bemagtiging,…
16 May 36 min

7 soorte rus – meer as net slaa

In hierdie insiggewende gesprek op die program "Kopskuif" verduidelik arbeidsterapeute Elisa Duplessis en Melissa Skoeman (Mondia Corporate Care, Bloemfontein) dat rus veel meer is as net slaap. Hulle bespreek die 7 tipes rus volgens Dr. Saundra Dalton-Smith: fisiese, kognitiewe, sensoriese, kreatiewe, emosionele, sosiale en spirituele rus. Hulle wys dat jy…
9 May 48 min

Kopskuif: 4 April 2026

Carina van Wyk, stigter en eienaar van NetSavvy, gesels op 4 April op Kopskuif oor aanlyn veiligheid. Skakel in om praktiese raad en wenke te hoor oor hoe jy jouself aanlyn kan beskerm. Carina gesels oor die waarskuwingstekens waarna gebruikers moet oplet wanneer hulle aanlyn is, asook die belangrikheid van…
4 Apr 43 min