Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’

Loading player...
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak.
Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verseker die leerlinge dink nie nét aan rugby nie.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel.
6 Aug 2025 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Stellenberg skud 2 reuse: ‘Ons koop nie, ons ontwikkel’

Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege. Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels. Hy vertel onder meer dat die skool…
1 Apr 20 min

Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’

Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het.
25 Mar 29 min

JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste…
18 Mar 21 min

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min