Kus tot kruin: 🐞 🦋 Die kleurvolle wêreld van insekte wat jy nooit raaksien nie - 11 September 2025

Loading player...
Fred ons saam met Johan Heyns en Leon Rossouw, ’n natuur bewaarder en gids, oor die fassinerende wêreld van insekte – of soos die meeste mense dit ken, 🐜“goggas.” Vir baie mense beteken ’n ontmoeting met ’n insek die vinnige gryp na die naaste blik gif. Goggas word as ’n plaag gesien wat jou leefruimte binnedring. Maar in daardie haastige reaksie word ’n wonderlike wêreld misgekyk: ’n wêreld van kleur, unieke vorms en ongelooflike interaksies wat ’n direkte rol in ons daaglikse lewe speel – dikwels sonder dat ons dit ooit raaksien.
Johan Heyns noem dit die “wêreld onder die knie” – ’n geheime realiteit waarvan min mense weet. Met Leon se ervaring as natuur bewaarder en gids ontdek ons hoe hierdie klein wesens ’n groot verskil maak in die ekosisteem en selfs in ons eie lewens. 🎧 Moenie hierdie gesprek misloop nie!
📻 Luister op 90.1 FM en 104.1 FM in die Tuin Roete, of stroom aanlyn by 👉 sfmstreek.com.
11 Sep 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kus tot kruin: ’n kritieke saak wat ons oseane se toekoms raak - 26 Maart 2026

Kus tot Kruin bespreek hierdie week weer ’n kragtige en gefokusde onderwerp. Esther Jacobs van Earth Legacy Foundation en Kane Johnstone gesels met Fred Orban. Kane pak binnekort nóg ’n epiese oseaan-swem aan — hierdie keer van Fransmanshoek tot Dana Bay. Maar hierdie uitdaging gaan oor veel meer as net…
26 Mar 17 min

Agrimark bring iets nuuts na Hartenbos 26 Maart 2026

Agrimark bring iets nuuts na Hartenbos – en dit is méér as net ’n landbouhandelaar. In hierdie gesprek gesels Jan Schoeman, Streeksbestuurder van die Kouga-streek, saam met SFM oor die splinternuwe Agrimark-winkel by Garden Walk Mall. 🔹 Wat jy in die nuwe winkel kan verwag 🔹 Hoe Agrimark ontwikkel van…
25 Mar 9 min